Thursday 27 August 2015

Is NOS, TOS??



Vir die van julle daarbuite wat nie bewus is nie, NOS is die nuwe HOD - OF as dit maar net was...

So begin ek in 2015 met my NOS kwalifikasie...rocky start nadat ek al in Maart n emosionele breakdown gehad het voor n dosent (skaam my dood), maar die werkslading was werklik oorweldigend. ELKGEVAL...
Nadat ek n rol aangebied was op 7de Laan - trek en verander ek my studierigting na my MA in drama binne 24h - net om uit te vind dat die SABC my storielyn gesny het...soooo na 3 weke in wonderlike Johannesburg, kon ek darem terug na die NOS kursus (met genoeg goedkeuring van dosente - waarvoor ek baie dankbaar is). Haal ek gou vining-vining die werk in, of so het ek gedink, en die lewe gaan toe maar weer aan.

Elkgeval

Die inskrywing handel nie oor die verlede nie, ook nie oor die bevoegdheid van die horderde doktors binne die Opvoedkunde Fakulteit nie, ook nie of ek n passie het vir die opvoedkunde professie nie, die gebruik van tegnologie binne die klaskamer nie...dit gaan oor die tonne vrae oor die praktiese module, getiteld proef.....................oh poef.

Ek moet eerstens noem dat hierdie geensins n refleksie is op die skool waarby ek betrokke is nie, maar eerder die module.
Ek het n fees by die skool en die personeel is werklik toeganklik. n KLEIN probleem wat ek wel het, is die volgende, en indien iemand daarbuite dieselfde voel soos ek, asb deel graag:

Ons, by die US, betaal ten duurste vir die kursus. Vir enige kursus for that matter.

#Vraag1: ons het geen kontakure met die US personeel tydens die 3de kwartaal nie (omtrent 10 weke). Hoekom moet ons dan die volle bedrag betaal...?

#Vraag2: hoekom op aarde moet my ouers se hardverdiende geld bestee word aan n kwartaal waar ek geen onderrig ontvang nie (US).

#Vraag3: ek moet daagliks omtrent 20+km (eenrigting) na my skool ry, op my eie onkoste (wat ook my ouers se probleem raak). Hier word dit weer eens ons probleem om by die skool uit te kom...

#Vraag4: die opsie is aan studente gegee dat hulle x-bedrag (omtrent R2000) kan betaal aan skole vir koshuisverblyf - die bedrag moet dan by bereken word op studente se koshuis/privaatverblyf (persoonlik R3300 p.m.).

#Vraag5: die proeftydperk is ongelooflik lank. Hoekom deel mens dit nie op in twee skole (een maand elk)...aangesien ek reeds al my waarnemings en krit lesse afgehandel is...

Hoekom kan die department nie (aangesien ons nie klas loop in die derde kwartaal nie), die bedrag verminder sodat vervoer- of verblyfuitgawes deel word van die kursus. Dit maak die finansiele las vir ons ouers minder.

Op die ou einde ervaar van ons studente finansiele druk, en al wat die departement kan se is: "dis nie ons probleem nie"...

Om die logistiek van omtrent 200+ studente se plasings te doen moet chaoties wees...en ek is seker dat die betrokke personeellede tog akkommoderend is, en baie hate mail moes kry. Not a nice job to do, maar dit moet gedoen word.








No comments:

Post a Comment