Friday 28 August 2015

Ontdek, ervaar, begin doen.

Eerstens vra ek sommer nou al omverskoning vir skryftekens wat ek nie insit nie: ek probeer nou al 2 jaar uitfigure hoe om dit te doen sonder om heeltyd insert te druk, plus ek weet nie mooi waar hierdie funksie op die Blogger nie.
So, kom gou oor dit as dit jou pla, en dan gaan ons aan. As jy sukkel, hier volg n gratis ontspanninsoefening:

Asem in...asem uit........uit....uit...hou hom daar...tot voor jy wil flou val...haal diep asem. Nou weet jy daar is erger dinge in die lewe as n ou skryfteken. Kosbare lewe.

Elkgeval.

Hier sit ek nou, eet n vinnige ontbyt, hier en daar sien ek lede van die US Kuko span...wit geklee met die swart emblem, nie groter as n Coconut Wheel nie, geprint op die linker tit...check your move (n slogan wat ek nou nog nie lekkkker verstaan nie, maar nou goed, ons sal ons moves check). Dit mag dalk net ek wees, maar daar is n aantasbare energie in die lug, dit, of n elektriese storm kweek weer erens.

Die afgelope jaar het ek baie goed ontdek, ervaar en begin doen. Ek het besef dat n gebrek aan discipline my tot in my kleinste kiem irriteer, dat die lewe nieso ernstig hoef te wees nie, en dat mens so af en toe net moet asemhaal. Maar wat my die meeste irriteer, erger as Ser politiek, gerugte wat by n plaaslike koerant uitkom en suur verloorders, is mans in langbroeke met....plakkies. Vir die wat nie weet nie, dis daai plastiese-rubber-mengsel kledingstuk wat tussen die groottoon - wat se nael gewoonlik te lank is - en groottoon se maatjie pronk. Met die skoen se ontwerp, kleur en brand het ek nei n problem nie. o nee! Ek dra dit self. Maar hoekom, hoekom moet dit gedra word met n langbroek. Soos my ma altyd gese het: kry jy warm my kind, of koud? 

Ek blameer nie die ou wat hierdie afskuwelike tendens volg nie, ek blameer die samelewing (soos meeste maar doen). Hoekom jy n warm oorjas, jeans - of daai broeke wat n rek het om die enkels - en die plakkies dra, weet g'n mens nie. Wel ek doen nie, maar ek kan probeer. Hier volg dan wenke vir die man op straat wat dit nodig ag om so aan te trek, wat dit meer verdraagsaam kan maak vir die mense om jou, en dan ook inherent, ook vir my:

1. Was die voete. Ek weet jy mag dalk bietjie neig om alternatief te wees, maar menslike higiene is noodsaaklik. Dalk lok jy iets anders as n vlieg.

2. Knip maar daai toonnaels wat so oorkrul.

3. As jy nou daar onder besig is, maar bietjie skoon, of kry iemand wat vir jou lief is om daar uit te help.

4. Die plakkie moet darem die styl wat jy volg weerspieel.

5. Wors-toontjies moet eerder die styl vermy: lang, maer surfer voete lyk net beter. Feite.

Mag hierdie kort, kragtige wenke jou motiveer om daadwerkliks n verskil te maak in die samelewing, saam kan ons die samelewing red, plakkie vir plakkie.

No comments:

Post a Comment