Thursday 27 August 2015

Onderhoude...

Om werk te soek, is geen grap.

n Skool, n vooraanstaande tersiere instansie, die kerk of pilletjies, kan jou geensins voorberei vir hierdie fase van jou lewe nie...
Ek trek nou al by n minimum van 40 aansoeke - regoor SA, maar meer tussen GP en WK - waarvan ek darem drie kortlyste gehaal het. Nodeloos om te se, het ek nog geen pos gekry nie. Terugvoer van die skole sluit die volgende in:
*Om die skole se identiteit te beskerm sal ek pseudonieme gebruik...

H/skool1: "Ongelukkig het u nie die top drie gehaal nie, maar u het ons baie beindruk". (Duidelik nie genoeg nie...)

Laerskool1 per telefoon: "Goeie more, ongelukkig het u nie die top 3 gehaal nie. Die paneel voel u is meer geskik vir hoerskole". (Nou dit het ook geweet...of die feit dat die skool TE ingestel is op hulle Christelike waardes en ek heelmoontlik te alternatief is om die arme broeitjies te onderrig).

H/skool2: "Jou ondervinding is die probleem (die feit dat ek nie het nie)". (Of die feit dat ek te eerlik is oor my toekomsplanne en die onderhoud meer geneig het na drama...).

So, nou wag ek maar vir nog. Verder vreet die angs maar aan my dikderm, saans en soggens, en moet ek seker begin dink aan ander werksopsies- moontlik my MA, Engels gee in S.Korea of acting n kans gee in Kaapstad of Johannesburg.

Die ander dag ontvang ek n epos van bleep-skool. Die inhoud op n Sasko brood is meer formeel as die van die epos. Die inligting lui opsommend as volg:
Die skool het n Afr/Eng gr.8-12 pos beskikbaar. Dit is tans n tydelik departementele pos wat voltyds kan raak. Ek moet my CV aanstuur indien ek wil aansoek doen. Groete *Babs.
Nou kyk, ek het geen idee waar die skool my besonderhede gekry het nie; wie op aarde is die informele *Babs is, asook waar die besonderhede is oor hierdie poste asook briefhoof/inligting aangaande die skool?
Tot op hede het ek nog niks van *Babs of die skool gehoor nie. Of die skool weklik bestaan, dit weet ek nie. Maar ek wag maar nog.

Wat ek geleer het van my drie onderhoude:

Moenie te eerlik wees nie.
Laat die paneel hoor wat hulle wil hoor.
Wees voorbereid.
Doen jou huiswerk oor die skool.
Probeer dit maar geniet.
En laastens,
Ruk n haas uit die hoed. Menigmaal.

No comments:

Post a Comment